Taalarsenaal

Welkom by die webtuiste vir Afrikaans-onderrig in die Oos-Kaap!

Provinsiale Senior Sertifikaat Uitslae oor afgelope 4 jaar

Afr HT 2012: 96,7%

Afr HT 2013: 92,7%

Afr HT 2014: 94,7% 

Afr HT 2015: 92,5%

Afr HT 2014 Nasionaal: 96,9%

Afr EAT 2014 Nasionaal: 93,0%

Afr EAT 2012: 95,9%

Afr EAT 2013: 95,6%

Afr EAT 2014: 97,1% 

Afr EAT 2015: 96,1%

Afr TAT 2012:  98,1%

Afr TAT 2013: Nie beskikbaar

Afr TAT 2014: 100%

2015 Afrikaans NSS-uitslae volgens Distrik

2017 Afrikaans NSS-uitslae volgens Distrik

PROVINCIAL AFR.xlsx PROVINCIAL AFR.xlsx
Size : 85.374 Kb
Type : xlsx
PROV AFRIKAANS ANALYSIS.xlsx PROV AFRIKAANS ANALYSIS.xlsx
Size : 81.104 Kb
Type : xlsx

NSS-uitslae 2017 - Afrikaans HT

Diagnostiese Verslag, p. 50-62

Diagnostiese Verslag AfrHT.pdf Diagnostiese Verslag AfrHT.pdf
Size : 6460.858 Kb
Type : pdf

Letterkunde 2017- 

Afrikaans Huistaal

Romans

  1. Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse
  2. Vatmaar – AHM Scholtz
  3. Die Kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
  4. Onderwêreld –Fanie Viljoen [Nuwe Titel]

Dramas

  1. Mis – Reza de Wet
  2. Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small

Gedigte uit: Verse in my inboks Graad 12 (Samestellers: Philna Scholtz en Elza Vorster)

  1. Nog in my laaste woorde – NP van Wyk Louw
  2. Vincent van Gogh – DJ Opperman
  3. Twee kleuters in die Vondelpark – Elizabeth Eybers
  4. ‘n brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach
  5. eerste worp – TT Cloete
  6. Die sagte sprong – Sheila Cussons
  7. besoekersboek – Fanie Olivier
  8. oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda Kamfer
  9. Wie’s hy? – Adam Small
  10. ‘n vigslyer sterf – Vincent Oliphant
  11. Versagtende omstandighede – Peter Snyders
  12. Reaksie – Vernon February

 

Eerste Addisionele Taal

Romans

  1. Meeulanders – Esta Steyn
  2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom – M van der Vyver
  3. Kringe in ‘n Bos – Dalene Matthee
  4. Lien se Lankstaanskoene – Derick van der Walt [Nuwe Titel]

Dramas

  1. Poppie – Elsa Joubert
  2. Paljas – Chris Barnard
  3. Fiela die kind – die drama – Dalene Matthee [Nuwe Titel]

 Gedigte uit: Verskuns vir Eerste Addisionele Taal (Sameseteller: Riens Vosloo)

  1. Rondom my – Dawie de Jager
  2. Palimpses – Johann de Lange
  3. Tien haikoes vir die Vredefortkoepel – Hans du Plessis
  4. Huiskat – Elizabeth Eybers
  5. Ek het ‘n huisie by die see – HA Fagan
  6. Boekmerk – Marlise Joubert
  7. pryslied – Antjie Krog
  8. Die boodskapper – Peter Snyders
  9. Die nuwe kind – Pieter Strauss
  10. By die robot in eerstelaan – Marita van Aswegen

Kortverhale uit: Spieelbeelde (Samesteller: L. Bredenkamp)

  1. Rot in ‘n val – H. du Plessis
  2. Oom Dries se sorge met Jantjie – Felicia Goosen
  3. Veertig sinkplate teen die suidewind – Dana Snyman
  4. Die ballade van Robbie de Wee – Deon Meyer
  5. Vegvlieënier Vivian – Francois Geringer
  6. Die weldoener – TT Cloete
  7. Roep van die vleikuiken – Margaret Bakkes
  8. Van Precious: ‘n Buisie salf – Maretha Martens

 

Afrikaans Tweede Addisionele Taal

Drama

  1. Perdekrag – C du Toit

 

2017 final grade 12 literature list.pdf 2017 final grade 12 literature list.pdf
Size : 1810.637 Kb
Type : pdf
Circular 2017.pdf Circular 2017.pdf
Size : 41.007 Kb
Type : pdf

HERSIENING 2017

Laai 'n baie belangrike hersieningsgids vir Graad 12 HT hier af.  Hierdie gids is saamgestel deur die DBO en bevat wenke, voorbeeldvrae en -antwoorde oor Vraestel 1, 2 en 3 - 'n onontbeerlike hulpmiddel vir leerders wat voorberei vir die eindeksamen! Die dokument is nog in konsep-formaat.  
KONSEP Gr12HT Afr Hersieningsgids Sept'17.pdf KONSEP Gr12HT Afr Hersieningsgids Sept'17.pdf
Size : 5540.151 Kb
Type : pdf

Gr. 10-12 EAT Hersieningsgids: Taalstrukture en -konvensies

Erkenning: Sylvia F. Smith: NKOD

Nuut bygevoeg onder "Vraestelle"

Junie enSeptember 2017-vraestelle van die Wes-Kaap, Limpopo en Gauteng

Erkenning

Bydraes tot “Taalarsenaal” is ontvang van:
  • Mnr.Branwell Hill, West Bank SSS, King William’s Town 
  • I. Buss, Dale Kollege, King William’s Town
  • Cordelia Mentoor 
  • Sophia Brown 
  • Annette van der Merwe
  • Vicky Marks
  • Dr. Rika Boucher, Riebeek Kollege, Uitenhage
  • Dr. H. Pieterse, Hoërskool Overkruin, Gauteng
  • Steve Fourie, Vakadviseur: Afrikaans, Buffalo City Metro
  • Sylvia F. Smith, Vakbeplanner, NKOD
  • Anmari van den Berg, Cape Receife, Port Elizabeth
  • Martlie Jordaan, Hoërskool Framesby, Port Elizabeth
  • Annemarie Nelmapius, Hoërskool Westering, Port Elizabeth
  • Mnr. B. Ras, CES: Afrikaans, DBO
  • Adinda Vermaak: Vakadviseur, WKOD

'n Graad 12 EAT Gedig

Die nuwe kind   -   Pieter Strauss
 Ons oë pen jou in jou spore vas:
die nuwe kind hier in ons klas.
In óns skooldrag, langs óns meneer,
jou hare volgens die reëls geskeer.
 
“Hector Sobukwe,” hoor ons jou naam,
“’n koningskind” – al is jy skaam.
Bedees knik jy, asof jy óns bedank
en gaan sit dan stil in jou bank.
 
Uit ‘n Tupperware-bakkie, soos dit hoort,
eet jy pouses jou snytjies brood.
maar eenkant, alleen, onder ‘n boom
gaan staan jy dan en droom.
 
In die kunsklas word jou pen ‘n mas,
hys jy prentjieseile uit jou ribbekas,
vaar jy weg oor wit papier
die toekoms in, nog ver van hier . . .


Graad 10 Voorgeskrewe 

Huistaal: Die lys gedigte voorgeskryf vir die Oos-Kaap in 2018 is geplaas onder Gr. 10 HT en kan ook hier afgelaai word.

EAT: Die voorgeskrewe lys gedigte en kortverhale is geplaas onder Gr. 10 EAT


Graad 10 Letterkunde vir 2018.docx Graad 10 Letterkunde vir 2018.docx
Size : 28.861 Kb
Type : docx

Afrikaans-letterkunde

Uittreksels uit van die Studiewerkgidse wat beskikbaar is vir die nuwe letterkunde, is geplaas onder "Lees en Kyk" op die Gr. 11 HT-blad.

Bied aan in 2018 :
My Japan:  Do. 2 Augustus
Toegangsprys:  R70 per leerder
Graaff-Reinet Stadsaal

Op 10 Mei 2018 het 450 matrieks Andre Stolz Produksies se opvoering van Onderwereld op Graaff-Reinet ervaar.

Nuwe omsendbriewe:

  • Uitbreiding van KABV, Afdeling 4, 2017 (sien: "Beleidsdokumente") 

  • S4 van 2017 i.v.m. die Mondeling: Graad 10-12

  • Eksamenriglyne vir Graad 12HT, EAT en TAT - 2017

Werkswinkels in GRT 2018

Werkswinkel 2018.docx Werkswinkel 2018.docx
Size : 162.68 Kb
Type : docx

Afrikaans is op 8 Mei 1925 as amptelike taal in Suid-Afrika verklaar.
Ons vier dus op 8 Mei 2025 Afrikaans se eeufeesbestaan...!!

Webwerf geredigeer op  15.05.2018

 
 

Make a free website with Yola